top of page

Stampmielliegereg

Bestandele:

 

500ml        stampmielies

7ml            sout

10ml          olyfolie of botter

1                ui fyn gekap

1                Groen soetrissie

1                Geel soetrissie

1                rooi soetrissie

250g          spek, gesnipper

250g          sampioene, in skyfies gesny

250ml        mayonnaise

125ml         room

1                pakkie wituiesop

250ml        gerasperde chedarkaas

                 Swartpeper en sout na smaak

 

Metode:

 

  1. Week die stampmielies oornag in water.

  2. Drieneer en giet  die mielies in ‘n kastrol.

  3. Voeg genoeg water by om te bedek en voeg ook die sout by.

  4. Kook tot gaar en drieneer.

  5. Voorverhit die oond tot 180ºC  en smeer ‘n oondvaste bak.

  6. Verhit die olie of botter in ‘n pan en braai die uie, spek, sampoiene en soetrissies.

  7. Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in  ‘n groot mengbak.

  8. Voeg die mielies, uie, spek, sampoiene en soetrissies by en geur met peper.

  9. Skep die mengsel in voorberiede bak en strooiu die kaas

bo-op, bak vir ongeveer 60 min tot bruin bo-op.

 

Genoeg vir 6-8 mense

 

**GENIET**

© 2023 by Baie Lekker Resepte

bottom of page