Linda Van Heerden se koekieresep
Bestandele:
1 pakkie kits poeding – Royal of Moirs – Karamel geur (mens kan enige geur gebruik, soos sjokolade, aarbei, ens. Die karamel kom lekker uit)
2 koppies koekmeel
250 ml margarine
2 teelepels bakpoeier
Knippie sout
2 eiers
Metode:
Verhit oond tot 180 grade Celcius...
Smeer koekie pan met margarine of bespuit met spray en cook
Room margerien en kits poeding saam tot romerig
Klits eiers in
Voeg meel, bakpoeier en sout by
Vorm deeg
Die deeg kan met ‘n koekiemaker in vormpies gedruk word, of
Rol uit op meelbestrooide oppervlak, so 0,5 tot 0,8 mm dik
Druk vormpies uit
Wanneer mens die koekies op die bakplaat sit, sit dit effens uitmekaar, want die koekies rys nogal baie, as jy dit te naby aan mekaar sit, gaan dit in mekaar in rys.
Bak vir ongeveer 12 - 15 min
Laat effens op die pan afkoel voordat jy dit met ‘n spaan afhaal en op ‘n afkoelrakkie plaas.
(daar is geen suiker in die resep nie, die kitspoeding is klaar soet)

Linda van Heerden
