top of page

Milo-Malvapoeding

Bestandele:

250ml         Suiker

20ml           Sagte botter

1                 Eier

275ml         Koekmeel

100ml         Milo-poeier

5ml             Koeksoda

250ml         Melk

10ml           Asyn

10ml           Vanillageursel

 

Sous:

100g          Milo-sjokolade

125ml         Room

160ml        Melk

30ml          Botter

80ml          Milo-poeier

 

Metode:

 

  1. Verhit die oond to 180º C en smeer bakkies met kleefverwande kossprooi.

  2. Klits die suiker en botter saam. Voeg die eier by en klits goed.

  3. Meng meel, milo-poeier en koeksoda saam. Meng die melk, asyn en vanillageursel saam. Voeg die meelmengsel en melk mengsel omd ie beurt by die suikermengsel en meng goed.

  4. Vul bakkies tot ¾ vol en bedek met foelie met die blink kant na onder.

  5. Bak vir 30 tot 40 minute tot ferm en die toetspen skoon uitkom.

 

Sous :

 

  1. Smelt die sjokolade, room, melk en botter saam op ‘n baie lae hitte en roer aanhoudend tot dit blink is. Verwyder van hitte.

  2. Voeg die milo-poeier by en meng goed sodat al die korreltjies opgelos word. Sodra die bakkies uit die oond kom, gooi dadelik die warm sous oor en laat staan sodat ald ie sous kan intrek. Bedien warm met room of roomys.

Lewe 5 tot 6 klein nageregte

 

**GENIET**

© 2023 by Baie Lekker Resepte

bottom of page