Lasagne
Bestandele:
Vleis en sous
45 ml olyfolie/olie
80 ml botter
1 ui fyn gekap
1 geelwortel, in klein blokkies gesny
1 selderystingel, in klien blokkies gesny
2 knoffelhuisies,gekneus
400 g gemaalde beesvlies
250 ml droe witwyn
125 ml volroom melk
Neutmuskaat
1 blik heel geskilde tamaties, met hul sap, grof gekap
60 g gerasperde parmesaankaas
Béchamelsous(witsous)
750 ml volroommelk
90 g botter
90 ml koekmeelblom
Sout en swartpeper
**ongeveer soo 3 pakkies witsous**
Afronding
90 g gerasperde parmesaankaas
30 ml botter
Metode
1. berei vleis en sous. Verhit olie en helfte van botter in diep swaarboomkastrol. Sorteer uie oor matige hitte tot sag en lig goudkleurig.
2. voeg geelwortel en seldery by en sorter tot begin verkleur. Voeg knovvel by en sorter vir 1 min. langer.
3. voeg maalvleis by en roer met ‘n vurk om ios te maak. Sorter tot vlies nie meer rooi is nie.
4. voeg wyn by en roer af en toe tot dit heeltemal verdamp het en die vlies droog is. Voeg melk en neutmuskaat by en roer tot die melk verdamp het.
5. voeg tamaties by en roer tot kook. Verlaag hitte, plaas deksel op en laat oor lae hitte prut vir sowat 3 uur. Roer af en toe.
6. berei Béchamelsous. Verhit melk tot dit begin borrel. Verwyder van stoof.
7. smelt botter in swaarboomkastrol oormatige hitte. Sprinkel koekmeelblom oor en roer tot glad.
8. roer warem melk geleidelik oor lae hitte by en roer met ‘n draadklitser tot glad. Sodra mengsel dun word kan jy die melk vinniger bygooi. Roer tot sous begin verdik. Sous is gereed sodra dit begin kook. Geur met sout en swartpeper.
9. Sit alles bymekaar. Voorvirhit oond tot 200ºC . bespuit ‘n diep oondvaste bak. Sit ‘n dun lagie vleis en sous in die bodem van die bak en bedek met ‘n lagie lasagnevelle. Die velle moenie oor mekaar gan nie.bedek nou dei velle met ‘n skraps lagie vlies en sous en dan ‘n lagie béchamelsous. Onthou daar moet nog 4 lae volg. Herhaal vorige stappe tot al die bestandele op gebriuk is of die bak vol is. Eindig met ‘n laag béchamelsous. Sprinkel parmesaankaas oor en stip met botter. Laat rus vir 30 min. bak dan vir sowat 45-60 min. of tot diekaas goudbruin is. Laat vir ten minste 10 min. in die lou-oond rus voor dit gesny word. Sodoende sny ditnetjieser en makliker.
***GENIET***

