top of page

Roomerige Hoendersop

Bestandele:

 

20 ml    Olyfolie

4          hoenderborsies in blokkies of repies gesny

2          middelslag uie, geskil en gekap

6          middelslag geelwortels, geskil en gerasper

6          middelslag aartappels, geskil en gerasper

2          lieter water

1          pakkie hoenderroomsoppoeier

1          pakkie sampioenroomsoppoeier

1          lieter volroom melk

Sout en peper

 

Metode:

 

Verhitt die olie in 'n groot kastrol. Braai die uie en hoender daarin tot goudbruin.

Voe die geelwortels en aartappels by en giet 2 lieter water oor. bedek die kastrol

en kook tot die hoender gaaar is.

Meng die soppoeier met 'n bietjie melk om 'n pasta te vorm (meng deeglik om klonte te voorkom)

voeg dan die res van die melk by. Voeg nou die mengsel by die res van die sop.

Laat prut dit vir ongeveer 10 min oor lae hitteen roer gereeld sodat dit nie vasbrand nie.

Geur na smaak met sout en peper.

 

**GENIET**

© 2023 by Baie Lekker Resepte

bottom of page